My AMD Pad
Ek deel my pad met Makulêre Degenerasie, die siekte wat jou oë steel en nie genees kan word nie.
Trek jou emosionele tekkies aan en loop die pad saam my want jy is nie alleen. Deel jou kommentaar of e-pos sodat ons mekaar kan aanspoor en ondersteun.
29/06/2026
Hi almal
Wat is julle ervaring van julle eerste inspuiting en ook inspuitings daarna? Hoe het julle gevoel?
19/03/2026
Hope For The Blind in Modimolle (Nylstroom), Limpopo is ñ hoogs gespesialiseerde ooghospitaal met die oulikste personeel en deeglike, eerlike spesialiste.
Ek myself kry my behandeling vir AMD daar en was nog nie een oomblik spyt. Een van my vriende se retina moes herstel word nadat hy losgetrek het, en hy het sy sig terug. Ander vriend van 73 het probleme met sy oë weens baie jare gelede se laserbehandelings. Die een oog het nou volle visie terug en oor twee weke gaan hy vir die ander oog. Ander vriend het Gloukoom en vorder goed met sy behandeling.
Limpopo en Noord-Wes, ek sal 100 keer eerder Modimolle toe ry as Pretoria of Johannesburg!
Click here to claim your Sponsored Listing.
