The Loots Leap
"In geloof het ons gespring. Deur geloof het ons aangekom. God het voorsien."
Ons is die Loots-gesin – 'n Suid-Afrikaanse gesin van vyf wat 'n groot sprong van geloof geneem het en God vertrou het om vir ons 'n nuwe lewe in Amerika te maak.
07/10/2026
Popcorn Brigade, ons is amper oppad!
Terwyl ons vandag die laaste bokse pak, besef ons net weer hoe ongelooflik geseënd ons is. Twee maande gelede het ons met ’n paar tasse in Amerika geland. Vandag staan ons hier tussen meubels, herinneringe en ’n huis vol dinge wat die Here op wonderlike maniere voorsien het.
Elke stoel, elke bed, elke kombuisitem vertel eintlik ’n storie van genade, guns en mense wat vir ons omgegee het. Die Here was so goed vir ons, en ons harte loop oor van dankbaarheid.
Môre oggend om 10:00 arriveer die U-Haul, en Vrydagoggend vat die Lootse weer die pad. Nog ’n avontuur. Nog nuwe paaie. Nog nuwe plekke om te ontdek.
En julle, ons is moeg is moeg! Die pakwerk het ons behoorlik gevang. Toe Alwyn amper tussen die bokse inmekaar sak van uitputting, toe besluit ek maar dis makliker om hom sommer saam toe te draai en op die trok te laai! 📦😂
Ry saam met ons soos ons deur nog ’n paar state reis, die skoonheid van Amerika ontdek, en koers kies na ons nuwe begin. Ons sien uit om elke tree van hierdie volgende hoofstuk saam met julle, ons Popcorn Brigade, te deel.
Pak die popcorn reg, die volgende avontuur begin nou! 🍿🇺🇸❤️
05/10/2026
Popcorn Brigade 🍿☕
Vandag was een van daai dae wat voel asof jy drie dae se werk in een oggend probeer indruk!
Eers afspraak by die case workers. Toe laptop teruggee by die skool. Daarna mediese opvolg. Toe TANF-kantore. Toe U-Haul. Toe leasing office. En nou... uiteindelik by die huis! 😅
Liewe aarde, ouers, dit was rof vandag. Die koffie het nie eens kans gekry om by te hou nie!
Maar... dit is gedoen. ✔️
En nou gaan ons julle nie langer laat wag nie...
🎉 DIE LOOTS FAMILIE TREK GEORGIA TOE! 🎉
Ons gaan nog net ’n klein rukkie die presiese dorp/stad geheim hou. Julle sal dit hoor sodra ons veilig daar geland het. Maar ons kan eerlikwaar nie wag vir hierdie nuwe hoofstuk nie.
Die afgelope paar weke was ’n warrelwind van gebede, onsekerheid, opgewondenheid, papierwerk, werksoektogte en groot besluite. Vandag voel dit uiteindelik asof alles begin in plek val.
Tot dusver:
🏡 Ons het vir ons huis geteken.
📚 Die kinders is by hul nuwe skole geregistreer.
💼 Werksreëlings is op hoogtepunt gebring.
🚚 Die U-Haul is bespreek.
📶 Die WiFi-installasie is geboek.
📦 Die laaste pakwerk is nog in volle swang.
Die huis lyk tans soos ’n kombinasie van ’n stoorplek, ’n verhuisingsmaatskappy en ’n rampgebied, maar ons kom daar! 😂
Dankie dat julle hierdie avontuur saam met ons stap. Dankie vir elke gebed, elke boodskap, elke woord van aanmoediging en elke keer wat julle saam met ons lag en soms saam met ons huil.
Nou ja... wie dink hulle weet WAAR in Georgia die Lootse gaan land? 👀
Hier is ’n paar leidrade:
🌾 Groen vlaktes
🥜 Peanut country
🚂 Ou spoorwegdorpe
🌿 Swamps
🏡 Groot stoepe
🌳 Ou plantasies
Raai hieronder! 👇🍿
04/10/2026
Popcorn Brigade 🍿
Ons het gesê daar is nuus... en nou dat alles finaal is, kan ons dit uiteindelik met ons Popcorn Familie deel.
Die Lootse se tweede avontuur in Amerika begin hierdie week. 🚚🇺🇸
Ons verhuis.
NAASTES wat weet waarheen ons gaan julle mag nie comment en die fun spoil nie!
Alexandria was ons landing strip. Die plek waar ons voete vir die eerste keer Amerikaanse grond geraak het. Die plek waar ons geleer het hoe om weer van voor af te begin. Die plek waar ons ons eerste Amerikaanse kruideniers gekoop het, ons eerste skole gesien het, ons eerste vriende gemaak het en waar ons baie lesse geleer het.
Maar Alexandria was nooit die eindbestemming nie.
Ons is plattelandse kinders. Nie stadsjappies nie. 😅
Ons verlang na oop ruimtes. Na stil strate. Na mense wat vir mekaar waai al ken hulle jou nie. Ons verlang na 'n plek waar die kinders op hul fietse kan klim en net kind kan wees. Waar hulle kaalvoet deur die gras kan hardloop sonder dat Ma elke twee minute deur die venster loer om seker te maak 'n bus of kar ry hulle nie raak nie.
Ons verlang na gemeenskap.
Daai tipe dorp waar almal almal ken. Waar jy by die winkel instap en iemand vra hoe dit met jou gaan en eintlik vir die antwoord wag. Waar die kerk nie net 'n gebou is nie, maar 'n familie. Waar bure nog bure is.
Ons verlang na gras tussen ons tone.
En as ons eerlik is... woonstel-lewe is net nie vir die Lootse gemaak nie. 😂
Ons sien uit na die volgende hoofstuk. Nuwe herinneringe. Nuwe geleenthede. Nuwe stories vir die Popcorn Brigade.
Ons is opgewonde vir daai Southern Hospitality waarvan almal praat. Ons kan nie wag om te sien hoe hierdie volgende hoofstuk lyk nie.
En nou vir nog 'n stukkie nuus...
Ons het vir ons huis geteken. 🏡✍️
Dis amptelik.
Dis finaal.
Dis 'n done deal.
Die Lootse het 'n huis.
As ons terugdink aan waar ons 'n paar maande terug was, voel dit amper onwerklik. Van Suid-Afrika af, met hope onsekerheid, gebede, hoop en drome... tot hier waar ons nou die sleutels van ons volgende hoofstuk in ons hande hou.
God was goed vir ons.
Baie goed.
Nou voordat julle begin speurwerk doen soos FBI-agente wat al drie koppies koffie en twee energiedrankies gehad het, hier is 'n paar leidrade oor waarheen ons trek... 👀🍿
🌾 Groen vlaktes so ver soos die oog kan sien.
🌿 Swamps en moerasgebiede vol natuur.
🚜 Plase met katoen, peanuts en to***co.
🚂 Ou railroad depots wat stories van honderd jaar terug kan vertel.
🏡 Huise met groot stoepe waar mense saans sit en kuier.
🌳 Eeue oue eikebome met Spaanse mos wat soos gordyne hang.
🏛️ Ou plantasies en geskiedenis om elke hoek en draai.
🤠 Southern Hospitality waar mense nog "Yes ma'am" en "Yes sir" sê.
☕ Stadiger lewe. Minder gejaag. Meer asemhaal.
En die belangrikste leidraad...
Dis die tipe plek waar ons kinders weer net kinders kan wees.
Waar hulle kan hardloop.
Kan lag.
Kan fiets ry.
Kan grootword.
Kan veilig voel.
Ons harte is rustig oor hierdie besluit. Ons voel dit is die regte stap vir ons familie. Vir ons kinders. Vir ons toekoms.
So pak ons nou bokse. Drink ons koffie. Maak ons planne. Bid ons groot gebede.
En stap ons met geloof die volgende avontuur tegemoet.
Die popcorn is warm.
Die nuus is vars.
En die Lootse is weer op pad. 🍿❤️🚚
Nou kom ons hoor julle raaiskote...
Waar dink julle gaan die volgende hoofstuk van die Loots Family se Amerikaanse avontuur afspeel? 👇🍿
03/10/2026
Popcorn Brigade ☕🍿
Gisteraand het die Lootse besluit om verantwoordelike volwassenes te wees...
Dit het vir ongeveer 7 minute gehou. 🤣
Toe was daar pizza, bier, kaarte en absolute chaos. 🍕🍺🎴
Ek gaan nie sê wie die kaartspeletjie gewen het nie, maar die persoon oorweeg glo nou 'n professionele loopbaan in kaarte en verwag dat ons hom of haar voortaan as "kampioen" moet aanspreek. 🏆😂
En wie die meeste geskree het? Kom ons sê net as die polisie opgedaag het, sou ons moes verduidelik dat niemand vermoor word nie — iemand het net weer 'n verkeerde kaart gegooi. 🚔🤣
Die pizza het nie eens 'n kans gehad nie. Daardie boks het oopgemaak en gelyk soos 'n Black Friday-uitverkoping by Checkers. 🍕😂
Die bier was koud, die stories was warm, en die reëls van die speletjie het elke 15 minute verander, afhangend van wie besig was om te verloor. 🍺🤣
Teen die einde van die aand het niemand meer geweet wie wen, wie verloor of wat die reëls was nie. Almal het net geweet iemand skree, iemand lag en iemand probeer steeds verduidelik hoekom daardie laaste kaart eintlik heeltemal wettig was. 😂
Vir 'n paar uur was daar geen stres, geen papierwerk en geen grootmensprobleme nie.
Net 'n klomp Suid-Afrikaners wat 'n tafel, pizza en bier gekry het en dit omskep het in 'n internasionale sportbyeenkoms. 🇿🇦🇺🇸🤣
Vanoggend is almal weer stil, beskaafd en ordentlik...
Of dalk is ons net moeg van al die geskree. 😜🍿
02/10/2026
🍿 Popcorn Brigade, die koffie is warm en die nuus is vars! ☕
Ons wou net gou kom sê: WOW!
Baie, baie dankie aan elkeen van die 2 600 mense wat deel is van ons avontuur. Dankie dat julle ons journey volg, saam lag, saam huil, kommentaar lewer, boodskappe stuur en vir ons bid.
Toe ons hierdie blad begin het, het ons nooit gedink soveel mense sou belangstel in die Loots-familie se nuwe hoofstuk in Amerika nie. Julle ondersteuning beteken meer as wat ons ooit in woorde kan beskryf.
Elke like, share, comment en gebed maak 'n verskil. Julle is nie net volgers nie – julle is deel van die Popcorn Brigade-familie. ❤️
Ons waardeer elkeen van julle en ons kan nie wag om die volgende hoofstukke van hierdie avontuur met julle te deel nie.
Hou die koffie warm en die popcorn reg... want die nuus bly vars! 🍿☕
Met baie liefde en dankbaarheid,
❤️ Die Lootse
02/10/2026
Big shout out to my new rising fans! Annette Grobler, Marius Plessis
02/10/2026
🍿 Popcorn Brigade... die Lootse was stil hierdie week, maar net omdat ons besig was om chaos te organiseer.
Ja, ons lewe nog. Ja, ons survive nog Amerika. En ja... daar is groot dinge aan die gebeur. 👀
Vandag was ons by Home Depot om voor te berei vir wat kom. Nou luister, niemand het ons gewaarsku dat Home Depot basies 'n klein land op sy eie is nie. 🤣
Ons stap in met 'n plan.
Ons stap uit met:
❌ Geen plan
✅ Seer voete
✅ 37 nuwe idees
✅ 'n Lys van goed wat ons nie geweet het bestaan nie
✅ 'n Nuwe respek vir mense wat weet waar enigiets in daai winkel is
Ek sweer, ek het halfpad deur die winkel oorweeg om 'n GPS-pin te drop sodat ons die uitgang weer kan kry. 🤦♀️
Elke tweede rak was: "Ooooh, ons gaan dit nodig hê!"
En elke derde rak was: "Wat op aarde maak mens met hierdie ding?"
Alwyn het begin soos 'n man met 'n missie en geëindig soos 'n toeris wat sy groep verloor het. 😂
Maar alles is vir 'n goeie rede... ons maak reg vir iets groot. Baie groot. En sodra ons mag praat, sal die Popcorn Brigade eerste weet. 🍿
Vir nou sê ek net: Watch this space. Die volgende hoofstuk gaan interessant wees. 😎
😂🇿🇦🦬 POPcorn Brigade… ONS HET ’N PROBLEEM!
Wanneer jy dink jy het Suid-Afrika verlaat en jy is nou veilig in Amerika… 🇺🇸
En toe kry ons sommer ’n RIEKIE én ’n BUFFELS in ons geweste! 🤣🤣🤣
Nou julle… wat doen ’n mens?!
In Suid-Afrika sou ons sê:
“Kom ons maak ’n vuur, gooi ’n vleisie op en kuier!” 🔥🥩
Maar hier in Amerika bly ons mos in ’n woonstel waar die reëls sê:
🚫 Geen oop vure nie.
🚫 Geen braai waar jy wil nie.
🚫 Moenie sommer ’n vuur maak nie.
So wat doen die Suid-Afrikaner?
ONS SIT DIE VUUR OP DIE TV AAN! 😂😂🔥📺
Daar sit ons toe… met ’n digitale kaggelvuur op die skerm, Rikkie aan die een kant, Buffels aan die ander kant, koue drankies in die hand en almal wat lag asof ons nog op ’n plaas in Suid-Afrika sit! 🤣🤣🤣
Ek sê julle… Amerika het nie geweet wat hulle kry toe hulle ons hier laat land het nie. 😂🇿🇦
Want gee vir ’n Suid-Afrikaner genoeg tyd en hy sal selfs ’n TV-vuur in ’n Amerikaanse woonstel verander in ’n volwaardige Suid-Afrikaanse kuierplek! 🔥😂
En dan hoor jy:
“Waar is die braai?”
“Op die TV.” 🤣
“Waar is die vuur?”
“Ook op die TV.” 😂
“Waar is die vleis?”
“Nog by Food Lion, maar ons werk daaraan.” 🤣🤣🤣
Maar honestly… wanneer jy ’n Rikkie Louw én ’n Buffels kry, het jy eintlik klaar alles wat jy nodig het.
Want die vuur is nie wat die kuier maak nie…
DIS DIE MENSE WAT DIE VUUR BRING. ❤️🔥🇿🇦
En vanaand het ons behoorlik warm gekuier — sonder om eers die woonstel se brandalarm te toets! 😂😂😂
🇿🇦🇺🇸
🍿
😂🔥
Click here to claim your Sponsored Listing.
Contact the business
Telephone
Website
Address
22301
Alerts
Be the first to know and let us send you an email when The Loots Leap posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.
