Carladupreez
Die lewe verander wanneer jy besef jou waarde is nie deur jou omstandighede bepaal nie. Die mooiste hoofstukke begin dikwels ná die bladsy wat jy wou uitskeur.
Vir elke man & vrou | Finansiële Onafhanklikheid | Inkomstegeleenthede
As jou salaris môre stop — wat stop saam met dit?
Nie jou rekeninge nie.
Nie jou verantwoordelikhede nie.
Nie die mense en dinge waarvoor jy steeds moet sorg nie.
Dit is hoekom ek vandag anders na ’n enkele inkomste kyk.
’n Plan B beteken nie jy moet jou werk los nie. Dit beteken nie jy moet alles waag of jou lewe omkeer nie.
Dit beteken jy gee jouself die kans om ’n tweede opsie te begin bou terwyl jy nog tyd het om dit rustig te doen.
Moenie wag totdat jy ’n Plan B nodig het voordat jy een begin bou nie.
As jy wil begin bou voordat jy moet, kommen “PLAN B” en ek wys jou waar om te begin.
Vir baie jare het ek twee dinge met mekaar verwar:
’n SAlaris en sekuriteit.
Solank daar elke maand ’n salaris inkom, voel dit asof alles onder beheer is.
Tot iets gebeur wat jy nie beheer nie.
Toe my eie omstandighede verander, het ek besef hoe kwesbaar dit kan wees wanneer een inkomste jou enigste plan is.
Ek het nie geweet hoe alles gaan uitwerk nie.
Maar ek het geweet ek moes êrens begin.
Nie omdat ek oornag alles wou verander nie — maar omdat ek nie weer wou wag totdat ek móés voordat ek begin kyk na ’n ander opsie nie.
Jy kan nie altyd kies wat met jou gebeur nie.
Maar jy kan kies wat jy daarna doen.
As jy wil weet waar ek begin het:
Komment “WAAR” en ek wys jou hoe.
Met Sy Genade.
My Storie. Jou Nuwe Toekoms.
Ek het geweet die retrenchment kom.
Maar daar is ’n groot verskil tussen weet dat jou inkomste gaan stop en die dag wanneer dit werklik gebeur.
Skielik voel elke rekening anders. Elke besluit dra meer gewig. En die vraag raak nie meer: “Wat gaan ek eendag doen?” nie.
Dit word:
“Wat doen ek nou?”
Een van die belangrikste dinge wat ek sedertdien geleer het, is dat ek nie alles vandag hoef uit te figure nie.
Ek moet net bereid wees om die eerste stap te neem.
As jy ook op ’n plek is waar jy weet jy moet begin, maar nie weet waar nie:
Kommen “BEGIN” en ek wys jou waar ek begin het.
Met Sy Genade.
My Storie. Jou Nuwe Toekoms.
My storie is waar hierdie blad begin.
Maar dit is nie waar dit eindig nie.
Want dalk staan jy vandag ook op ’n plek waar jy wonder: Wat nou?
Dalk moet jy weer begin.
Dalk soek jy nog die eerste stap.
Ek kan nie jou volgende hoofstuk vir jou skryf nie.
Maar ek kan deel wat ek leer, wat ek ontdek en wat my help om vorentoe te beweeg.
En dalk help iets daarvan jou om jou eie volgende stap raak te sien.
Met Sy Genade.
My Storie. Jou Nuwe Toekoms.
01.09.2026
Bly ingeskakel
Vir lank het ek gedink my storie is net myne.
Die mooi dele. Die moeilike dele. En veral die dele waaroor jy eerder stilbly.
Maar ek deel nie omdat ek al die antwoorde het of omdat alles perfek uitgewerk het nie.
Ek deel omdat dit werklik is.
En omdat daar dalk iemand aan die ander kant van die skerm is wat ’n stukkie van haar of sy eie lewe daarin herken — en besef dat weer begin steeds moontlik is.
01.09.2026
Volg.
Hierdie drie woorde is nie versiering nie.
Hulle staan eerste vir ’n rede.
Daar was ’n tyd toe ek nie geweet het hoe die volgende deel van my lewe sou lyk nie. Ek het nie al die antwoorde gehad nie.
Maar ek het geweet ek stap nie alleen nie.
Daarom staan hierdie woorde vandag bo alles wat ek bou:
Met Sy Genade.
01.09.2026
Click here to claim your Sponsored Listing.
