Lavida Slimming Studio

Lavida Slimming Studio

Share

Lavida's mission is to assist you in attaining your desired weight loss and toning goals.

05/10/2026

๐ŸŒธ Dag 5 nรก my laparoskopie ๐ŸŒธ

Ek is ongelooflik dankbaar vir die uitkoms van my operasie en voel positief oor die pad wat voorlรช. โค๏ธ

My grootste boodskap aan enige vrou wat met endometriose sukkel: moet nooit ophou hoop nie.

As iets nie vir jou reg voel nie, moenie bang wees om โ€™n tweede opinie te kry nie. Jy hoef nie sommer die eerste raad wat jy kry as jou finale opsie te aanvaar nie.

Ek het geleer dat jy soms verder moet soek om die regte hulp te kry.

โœจ Daar is hoop.
โœจ Daar is hulp.
โœจ En jy hoef nie alleen deur endometriose te stap nie.

DaarIsHoop VroueGesondheid LaVidaMetChantell

02/10/2026

Het jy al menigte kere vir jouself doelwitte gestel, maar kry jy dit eenvoudig net nie reg om dit vol te hou nie? โค๏ธ

Dalk is dit tyd om dit nie meer alleen te probeer doen nie.

Dis waarvoor ek as lewensafrigter hier is.

Ons werk saam aan jou doelwitte en ontwikkel praktiese vaardighede en strategieรซ om jou te help om werklik vorentoe te beweeg en jou doelwitte te bereik.

Of dit nou met jou gewig, gesondheid, selfvertroue, persoonlike ontwikkeling of beroep te doen het โ€” ek loop die pad saam met jou. ๐Ÿค

Met aanlyn sessies kan jy ondersteuning kry, waar jy ook al is.

Jy hoef nie alleen te probeer nie.
Laat ek jou help om die persoon te word wat jy weet jy kan wees. โœจ

๐Ÿ“ฉ Kontak my om jou sessie te bespreek. #

Gesondheid Selfvertroue Motivering LaVidaMetChantell

01/10/2026

โœจ โ€™n Klein operasie-update van my kant afโ€ฆ โœจ

Die dokter is baie gelukkig met die uitkoms van my operasie. Hy kon die endometriose mooi verwyder, asook beskadigde weefsel wat aan my organe vasgegroei het en probleme veroorsaak het.

Ek het gehoop dat hy sou sรช my IBS en painful bladder syndrome is alles as gevolg van die endometrioseโ€ฆ maar ongelukkig is dit twee toestande op hul eie.

My dokter het ook aanbeveel dat ek, sover moontlik, toekomstige operasies vermy. Elke keer wat daar gesny word, kan daar weer littekenweefsel (scar tissue) vorm, wat aan organe kan vasgroei en op sy beurt weer pyn en ongemak kan veroorsaak.

Maar ek kies om op die positiewe te fokus. โค๏ธ

Met โ€™n gesonde dieet, beweging en harde oefening kan ek my pyn en ongemak beter bestuur.

Volg my hier โ€” ek deel graag my reis, asook die dinge wat vir my werk. ๐ŸŒธ

As jy ook met endometriose, IBS of chroniese pyn sukkel, weet dat jy nie alleen is nie. โค๏ธ

WomensHealth HealthyLifestyle FitnessJourney LaVidaMetChantell

30/09/2026

Endometriose is soveel meer as net โ€™n pynlike periode.

Dit kan ook ander organe, soos die blaas en derm, aantas en ernstige pyn, inflammasie en vergroeiings veroorsaak.

My eie reis met endometriose het my gebring waar ek vandag is โ€” โ€™n lewensafrigter wat ander vroue wil help wat ook struikel. ๐Ÿค

As jy ondersteuning nodig het, boek โ€™n sessie by La Vida met Chantell.

29/09/2026

Vandag is die dagโ€ฆ โค๏ธ

Ek wag hier in angs en onsekerheid vir die dokter om my te kom sien en vir my te verduidelik wat hy op die MRI gevind het โ€” en wat presies vandag se prosedure gaan behels.

Daar is soveel vrae in my kop en soveel emosies in my hart.

Na alles wat ek al deur is, hoop en bid ek met my hele hart dat hierdie my laaste operasie sal wees. ๐Ÿ™๐Ÿป

Ek bid vir antwoorde.
Ek bid vir wysheid vir my dokter.
Ek bid vir โ€™n suksesvolle prosedure.
Maar bo allesโ€ฆ bid ek vir โ€™n lewe waarin ek weer sonder konstante pyn kan funksioneer en net kan lรฉรฉf. โค๏ธ

Hierdie reis met endometriose was nie maklik nie, maar ek glo steeds daar is hoop.

Vandag gee ek my bekommernisse oor aan God en vertrou ek Hom met wat voorlรช. ๐Ÿ™๐Ÿป๐ŸŒธ

VroueGesondheid EndoSister GodIsGood Gebed Hoop JyIsNieAlleenNie

29/09/2026

My storie met endometriose. โค๏ธ

6 laparoskopieรซ. โ€™n Histerektomie. En vandag het ek net een eierstok oor.

Ek het gehoop dat die histerektomie die einde van my stryd sou weesโ€ฆ maar ongelukkig het die endometriose weer opgevlam.

Om vir jare met pyn te leef, terwyl jy soms voel asof mense dink dit is โ€œnet in jou kopโ€, is ongelooflik moeilik. Veral wanneer jy self begin wonder of jy oorreageer.

Maar wanneer ondersoeke wys dat daar wel inflammasie en veranderinge is, besef jy weer: jou pyn was nog altyd werklik.

Ek deel my storie omdat ek weet ek is nie die enigste een nie. Daar is soveel vroue wat elke dag met endometriose en chroniese pyn leef en dalk alleen voel.

Ek wil my reis deel โ€” die goeie dae, die slegte dae, die operasies, die onsekerheid en die soeke na antwoorde. ๐ŸŒธ

As jy ook met endometriose leef, weet asseblief: jy is nie alleen nie. โค๏ธ

En moenie bang wees om vrae te vra of โ€™n tweede opinie te kry wanneer iets nie reg voel nie.

Volg my op my reis om antwoorde te vind. ๐Ÿซถ๐Ÿป

VroueGesondheid ChroniesePyn MyEndoJourney JyIsNieAlleenNie EndoAwareness

12/09/2026

Voel jy of jy jouself heeltemal verloor het in die chaos van ma-wees?
Of sit jy vas in dieselfde gewigsverlies-siklus, maak nie saak wat jy probeer nie?
Jy is nie alleen nie โ€” en jy hoef dit nie alleen te probeer regkry nie.
Ek help oorweldigde maโ€™s om weer hulself te vind en energie terug te kry, รฉn ek ondersteun mense wat klaar is met jo-jo diรซte, deur:
โœจ Duidelike, realistiese riglyne vir โ€™n gesonder lewe
โœจ Praktiese gereedskap wat รฉintlik in jou regte lewe pas
โœจ Sagte verantwoordbaarheid sodat jy op koers bly
โœจ Deurlopende ondersteuning sodat jy nooit alleen voel nie
Dit gaan nie oor perfeksie nie.
Dit gaan daaroor om eindelik weer soos jy te voel โ€” sterker, kalmer en meer in beheer.
Gereed om die eerste tree te gee?
Los โ€™n ๐Ÿ’š in die kommentaar of stuur my โ€™n DM met die woord โ€œGEREEDโ€ en kom ons gesels hoe ek jou kan ondersteun.
Jy verdien om goed te voel in jou lyf รฉn in jou lewe weer. ๐Ÿซถ
Verantwoordbaarheid MaLewe SelfsorgVirMaโ€™s

08/06/2026

๐ŸŒฑ Ready to Transform Your Life? ๐ŸŒฑ

Do you feel stuck, overwhelmed, unmotivated, or unsure of your next step?

As a Life Coach, I help individuals create positive, lasting change by providing support, accountability, and practical strategies to achieve their goals.

โœจ Areas I can help with:
โœ” Weight loss and healthy lifestyle habits
โœ” Confidence and self-esteem
โœ” Goal setting and personal growth
โœ” Motivation and accountability
โœ” Work-life balance
โœ” Managing life transitions and challenges
โœ” Creating a happier, more fulfilling life

You donโ€™t have to do it alone. Sometimes the first step towards change is simply reaching out.

๐Ÿ“ž Contact Chantell: 083 417 6552

๐Ÿ“ In-person and online sessions available.

Your future is created by what you do today, not tomorrow.

Photos from Lavida Slimming Studio's post 13/05/2026

๐— ๐—ผ๐˜€๐˜ ๐˜€๐—ฐ๐˜‚๐—น๐—ฝ๐˜๐—ถ๐—ป๐—ด ๐—ฟ๐—ผ๐˜‚๐˜๐—ถ๐—ป๐—ฒ๐˜€ ๐—ผ๐—ป๐—น๐˜† ๐˜„๐—ผ๐—ฟ๐—ธ ๐—ผ๐—ป ๐˜๐—ต๐—ฒ ๐˜€๐˜‚๐—ฟ๐—ณ๐—ฎ๐—ฐ๐—ฒ

What you apply matters, but factors like ๐—ณ๐—น๐˜‚๐—ถ๐—ฑ ๐—ฏ๐—ฎ๐—น๐—ฎ๐—ป๐—ฐ๐—ฒ, ๐—ฒ๐—ป๐—ฒ๐—ฟ๐—ด๐˜† ๐—ฎ๐—ป๐—ฑ ๐—ต๐—ผ๐—ฟ๐—บ๐—ผ๐—ป๐—ฒ๐˜€ can influence how your body respondsโ€ฆ and how results show.

Thatโ€™s where an inside-out approach changes everything.
โœจ ๐™‡๐™ž๐™ฅ๐™ค๐™Ž๐™˜๐™ช๐™ก๐™ฅ๐™ฉ ๐˜ฟ๐™–๐™ฎ & ๐™‰๐™ž๐™œ๐™๐™ฉ supports visible sculpting on the outside
โœจ ๐™๐™–๐™ง๐™œ๐™š๐™ฉ๐™š๐™™ ๐™ž๐™ฃ๐™ฉ๐™š๐™ง๐™ฃ๐™–๐™ก ๐™จ๐™ช๐™ฅ๐™ฅ๐™ค๐™ง๐™ฉ helps optimise results from within

๐—–๐—ต๐—ผ๐—ผ๐˜€๐—ฒ ๐˜†๐—ผ๐˜‚๐—ฟ ๐—ฏ๐—ผ๐—ผ๐˜€๐˜ ๐—ฏ๐—ฎ๐˜€๐—ฒ๐—ฑ ๐—ผ๐—ป ๐˜„๐—ต๐—ฎ๐˜ ๐˜†๐—ผ๐˜‚๐—ฟ ๐—ฏ๐—ผ๐—ฑ๐˜† ๐—ป๐—ฒ๐—ฒ๐—ฑ๐˜€:
๐Ÿ’ง Reduce bloating & support fluid balance
โšก Stay in control of cravings & energy
โš–๏ธ Support balance during hormonal changes

๐—”๐—ป ๐—ถ๐—ป๐˜€๐—ถ๐—ฑ๐—ฒ-๐—ผ๐˜‚๐˜ ๐—ฎ๐—ฝ๐—ฝ๐—ฟ๐—ผ๐—ฎ๐—ฐ๐—ต.
๐——๐—ฒ๐˜€๐—ถ๐—ด๐—ป๐—ฒ๐—ฑ ๐—ณ๐—ผ๐—ฟ ๐˜ƒ๐—ถ๐˜€๐—ถ๐—ฏ๐—น๐—ฒ ๐—ฟ๐—ฒ๐˜€๐˜‚๐—น๐˜๐˜€.

Get yours at Lavida Slimming Studio, Nelspruit

13/05/2026
Want your business to be the top-listed Beauty Salon in Mbombela?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address


12 Suikerriet Street, Central Park
Mbombela
1200

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 16:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lavida Slimming Studio posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Subscribe

We will notify you when anything happens in Mbombela.